Klein dingetjies in die lewe

Die son skyn geelwarm sonskyn wat saggies deur die winterkoue dring.Die warm sonskyn het nou begin verflou dis bitterkoud binne die selle alles kyk so geheimsinnig ,staan ek voor die tralie deur ,daar is niks meer wat ek vrees as die eensaamheid in die koue TRONKSEL.Die lewe lyk nutteloos vir my en my hele bestaan ,negatief wat is van my lewe oor waarvoor lewe ek as daar niks meer oor is nie .In my oe begin nuwe hoop te flikker van daar is nog lewe al is ek in die gevangenis.Die gevangenis is hel ,diepspore van die gevangenis is wat dit op my gelaat het .Kan die noodlot Dan so wreed wees om een enkele mens so genadeloos te slaan .,om net so alleen en doel loos te lewe .Natuurlik wil ek glo daar is n doel vir alles in die lewe,en glo elke een se lewe is beplan en dat ons nie aan toeval oorgelaat is nie .Klein dingetjies in die lewe ,,en mis al daai Klein dingetjies van die lewe,soos n boemelaar wat elke dag almoese ontvang,Wat het oorgebly behalwe om elke dag almoese te ontvang .In die sel le ek op my tronkbed ,teen die kussings en betrag vir Mia waar sy sit ,dankbaarheid styg in my op ,DAT ek nog vir n onbepaalde tyd in Mia se geselskap gaan wees,ek dink aan die oorsaak hiervan .Ek verberg my gesig .Waarom moes  die noodlot so wees dat ek en Mia hier opeindig .Mia se aan my dat my lewe nog voor my le en die toekoms nog Groot dinge vir my inhou .Liefde,vryheid,familie en my kinders.Tyd bly onbetwisbaar die heel grootste heel meester van Alle wonde.Jaar na jaar is dit dieselfde somer kom somer gaan.Ek vra vir Mia hoelank is sy al hier binne,sy se dit voel soos n ewigheid en wil nie elke oomblik ontleed nie .Dit lyk of sy gewoond geraak het met haar omstandighede Maar diep binne HAAR het sy net soveel pyn .Ek kan net nie aanpas nie ,en het Maar my lot aanvaar soos die vrolike Mia .Die eensaamheid roer binne my ,wat gaan van ons word .Mia as ons eendag vrygelaat word .Mia_ weet die eensaamheid vier hooggety ,en ons het hier die dinge al soveel keer bespreek en kan nooit die regte antwoord kry nie .Die winterdae het die een na die ander verby gegaan en weke geword .En die lewe gaan onverpoost verby vir my is die dae lank.Ek dink aan Mia sy is al Langer as Ek hier .Amper

image

tyd om opgesluit te word en elke een na sy die sel gaan en met HAAR die gedagtes te worstel .Lang eensame nagte en wakker te word en te besef net nog n dag agter tralies .Ons is al solank verhoorafwagtend dat ons nie weet wanneer die einde is nie .Nog n winter in die eensame koue tronksel .Ons vra ons Hemelse Vader om ons nog net een kans te gee om die Klein dingetjies in die lewe te geniet en ons dromete laat waar word .
Mia het nooit die kans gekry waarvoor sy gehoop het nie sy is_skuldig bevind en 22jaar gevangenis straf opgele .

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s